Dag 5

Lisabon, 05.02.2018

Die eerste ding wat mens agterkom is dat Lisabon 'n spesifieke soort steentjie vir hulle plaveisel gebruik. Ek is mal daaroor.

In ons omgewing is lekker eetplekke, baie groentewinkels en Pingo Doce supermarkte. Langs die Francisco Metrass kerk is 'n ou stoor wat in 'n varsprodukte mark omskep is. Daar loop ons die eerste keer vars geslagte haas (of Coelho in Portugees) raak - 'n baie grillerige gesig en genoeg om mens af te sit van haas as 'n dis!

Elizabe voel siekerig en besluit om die middag in te lê. Ek stap af na die middestad toe - 'n afstand van so 5km+, maar redelik afdraand. Stap bly maar die beste manier om 'n plek te bekyk. Ek volg die trem 28 se spore tot in die middestad.

Lisabon is nie 'n Parys of Barcellona nie, maar dis vir my mooi en ek hou van die vibe. Ek drink 'n bier op die Praco do Comercio waar die plek reggekry word vir die 2018 Euro Vision kompetisie.

Daarna klim ek vir die eerste keer op een van die antieke trems van roete 28 en ry terug huis.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.