Dag 43

Chora, Falika & Mesaria, 06.09.2018

Ons beplan om volgende week na die Panachradou klooster te klim. Dit is 'n roete van 12.5 km en 'n klim van 500m. Vandag wil ons 'n oefenlopie doen om seker te maak dat ons die regte roete kan identifiseer.

Ons begin weer 6:00 en stap gemaklik van Paraporti strand tot onder die berg waar ons moet begin klim. Daar soek ons erg na die regte pad, maar kry dit uiteindelik en klim so 1.5km teen die berg op - hoogte 220m tot regoor die dorpie Falika.

Vandaar neem ons 'n ander roete af na Mesaria wat op die teerpad na Chora sit. Op pad af loop Elizabe in 'n spinnerak vas en 'n spinnekop so groot soos 'n R2 stuk gaan sit op haar rug. Sy doen 'n komieklike riel!

Ons stap oor die pragtige Stichiomeni brug.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.