Dag 18

Porto, 05.15.2018

Ons eerste vol dag in Porto. Dit is 'n pragtige plek, vol mooi geboue en klein genoeg om min of meer alles te voet te kan sien.

Ons stap die oggend af teen 'n steil bult in die rigting van die St Francisco kerk wat voor jou op die ander heuwel gesien kan word. Ons stap verby die pragtige Liberdade plein tot by die kerk met sy verskriklike hoë toring. Ons besluit om nie die 200 trappe tot bo in die toring te klim nie.

Daarna dwaal ons deur die middedorp, verby die beroemde Livraria Lello boekwinkel en mik in die rigting van die katedraal. Na die katedraal is dit teen 'n steil heuwel af na die waterfront (Cais da Ribeira). Ons kry 'n ou antieke trem na die mond van die Douro rivier wat deur Porto vloei. Ons stap terug al langs die rivier terug na die waterfront en op teen 'n verskriklike klomp trappe tot bo-op die Luis 1 brug wat deur Gustave Eifel ontwerp is.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.