Dag 87

Kas & Meis, 07.23.2018

Ons is bespreek op die 10:00 ferrie na Meis - dit staan bekend as die Meis Express. Wanneer jy bespreek moet jy jou paspoort al ingee en voordat jy kan opklim moet jy eers weer deur 'n streng doeane gaan waar jou koffer oa. deursoek word.

Wanneer ons die eiland nader (die trip duur maar net 30 minute) word die Griekse vlag gehys. Die doeane aan die Griekse is kant is nie minder streng nie.. Duidelik is dinge redelik gespanne tussen Griekeland & Turkye, of is die Grieke net baie bang vir Siriëse vlugtelinge. Die mooi blou & wit Griekse vlag wapper orals en in die hawe lê 'n frigat geanker.

Ons kry ons gasvrou, Christina, in die dorp en sy neem ons na ons woonstel wat in die Mandraki baai sit. Alles is prentjie mooi en ons stap deur die kleine dorpie en sy smal straatjies. Die aand drink ons 'n G&T op ons balkon wat uitkyk op die bote van Mandraki baai. Boerbokke kom wei in die koppie agter ons blyplek.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.