Dag 95

Rhodes, Marmiris, Dalaman & Istanbul, 07.31.2018

Ons laaste dag in Rhodes en die begin van ons tog terug huis toe. Ons pak al ons koffers en los dit in die woonstel vir die skoonmaker om te stoor. Elizabe stap die winkels na en ek gaan stap deur die indrukwekkende Argeologiese museum en daarna 'n laaste keer deur die nou Rhodes straatjies.

Ons kry mekaar by 'n kitskos plek naby ons woonstel en neem vandaar 'n taxi na die hawe. Ons gaan per ferrie na die hawe van Marmaris in Turkye. Weereens is die doene tussen Griekeland & Turkye onnodig deeglik. Tot so 'n mate dat ons die bus na Dalaman se lughawe mis en 'n pepperduur taxi moet neem wat bestuur word deur 'n totaal onbevoegde bestuurder. Dit is 'n nagmerrie rit. Ons kom die nag na 1:00 doodmoeg by die Radison Blu hotel in Instanbul aan.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.