Dag 63

Athene & Istanbul, 06.29.2018

Die hotel se bussie neem ons voor 6 al lughawe toe en weer mis ons ontbyt (tot Elizabe se irritasie!). Dit is 'n kort vlug Instanbul toe en ons land 9:45. Ons wag vir Loef se vlug vanaf Doebai. 13:00 is ons uiteindelik bymekaar - dit is heerlik om weer vir Loef te sien.

Ons bussie neem ons na ons woonstel in Saltanamet en hierdie keer is ons gasvrou by die deur toe ons daar aankom. Ons bly in 'n lekker old school woonstel, maar met 'n wonderlike ligging. Die middag stap ons saam met Loef deur die ou gedeelte van die dorp. More sal ons na die plekke gaan kyk. Vandag stap en chat ons net. Elizabe neem vir Loef na die winkel waar sy die mooi ring aan die begin van ons trip gesien het - maar sadly is die ring nie meer daar nie.

Die aand sit ons op die sypaadjie van 'n restaurant net om die draai van ons woonstel en na die ete stap ons by 'n vreemdsoortige winkel oorkant die pad in. Net toe ons wil loop bring die eienaar vir ons 'n groot bord yskoue waatlemoen om te eet. Ek is mal oor die Turke.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.