Dag 32

Lisabon/Athene/Mykonos, 05.29.2018

Net na middernag vertrek ons met Aegean Airlines na Athene. Die vlug is net 4 uur maar die tydsone skuif 2 uur aan en dus land ons net na 6 die oggend op Athene. Athene se lughawe het my in 2004 aan Kaapstad sin laat dink, maar intussen het dit baie groter geraak.

Die vlug Mykonos toe is net so 45 min en ons land kort voor 9:00 die oggend. Na 'n gesukkel kry ons die agent van ons Airbnb en sy neem vir ons na Ornos strand toe. Ons huisie is eers 13:00 beskikbaar.

Ons los ons tasse in haar motor en dwaal met ons rugsakke deur die dorp. Gou-gou is ons moeg en verveeld want die plek is maar klein. Ons gaan drink koffie en eet iets in 'n lieflike klein bakkery waar ons wi-fi ook kry. Gelukkig laat weet die agent dat sy ons 12:00 sal kom op tel. By die huisie aangekom gaan lê en slaap ons dik stukke.

Die huisie is piepklein, maar tog te oulik, met 'n lekker stoepie. Ornos in 'n strand/dorpie so 5 km van Mykonos dorp af. Ons bly daar om weg te kom van die oorvloed toeriste van die hoofdorp.

Die middag loop ons strand, verken die dorpie en gaan koop ons kos.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.