Dag 89

Kastellorizo, 07.25.2018

Vandag wil ons na die Blue Grotto gaan kyk en reël dat Christana se man, Antonio, vir ons in sy bootjie soontoe vat. Die oggend kom tel hy ons in Mandraki baai op. Daar is reeds 3 Aussies in die boot. Toe ons op die oop see kom, waai die wind baie sterk en die deinings gooi ons bootjie rond. Ons skipper laat sit ons later plat op die bodem van die boot. Kort daarna gooi hy tou op. "I want you to be gappy. Tomorrow we're black" .

Ons draai ons terug en hy laai ons by 'n eilandjie af - St George Beach, waar ons vir 'n paar uur swem en middagete geniet.

Die middag klim ons op na die murasies van die kasteel vanwaar mens die pragtigste uitsig oor die eiland het. Nat gesweet klim ons af teen die kop en duik weer in die Middelandse see in.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.