Dag 33

Mykonos, 05.30.2018

Ons neem 'n taxi na Mykonos dorp. Die wind tier oor die see.

Die eerste ding wat mens op val is die absolute vertrapping deur toeriste. Die plek is prentjie mooi maar die aantal mense maak dit maar ongemaklik vir 'n outjie met 'n groot bubble soos ek.

Ons dwaal deur nou straatjies wat volgepak is van winkeltjies. Ons beweeg stadig tot by die see waar Elizabé parfuum teen 'n bargain prys kry - ek het nie gedink dat enige winskopie moontlik is op die eiland nie.

Behalwe vir die pragtige straatjies en die windmeule is daar nie veel te sien nie en on besluit om terug te gaan na Ornos toe. Ons moet omtrent vuis slaan om plek op die (oorvol) bus te kry. Nie vir my nie!

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.