Dag 17

Coimbra - Porto, 05.14.2018

Ons ry weer trein vanaf Coimbra na Porto. Die persoon wie ons by die woonstel moet ontmoet is nie daar nie. Eers drink ek en E 'n koffie in 'n regte Portogeuse restaurant net oorkant die straat van ons blyplek en later sit ons soos boemelaars op die trappies van die woonstelblok. Die down side van Airbnb! Ek bel later vanaf die restaurant en hulle het die tyd verkeerd gehad. Grrrr!! Kort daarna daag die vrou op en ons kan in gaan. Die woonstel is interessant en het 2 stoepe - 'n oop een en 'n toe een. Ek hou sommer baie daarvan.

Ons stap deur die area naby die woonstel en Porto lyk pragtig. Mens is dadelik bewus dat hierdie blou teël wêreld is. Hier gaan ons lekker kuier.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.