Dag 11

Lisabon, 05.08.2018

Ons stap langs die begraafplaas af teen die steil bult in die rigting van Belém. Dit is 'n redelike afstand en die dag is weer warm. Gelukkig is die bult af.

Binne in Belem verdwaal ons effens en die pad voel lank. Uiteindelik kom ons by die aksie uit en ek gaan stap deur die Argeologiese Museum terwyl Liesbet deur die dorp dwaal. Nie die museum of haar "dwaal" is baie indrukwekkend nie.

Ons kry mekaar by die groot spuitfontein en stap dan al met die promenade verby die Mordern Art museum en die "waterfront" restaurante na die reuse brug van 25 April.

Dan sny ons met die kortste pad weer op teen die bult na Campo de Ourique toe.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.