Dag 61

Chora Andros, 06.27.2018

Ons laaste dag in Andros. Vroeg val ons weer in die pad na die koppe anderkant die Paraporti baai. Die swane kom groet ons heel gepas.

Ons staan op die koppe en kyk terug na ons dorpie en die baai waar ons 'n maand gebly het. Die plekkie het baie diep in my hart ingekruip, maar dis tyd om vir Loef in Istanbul te kry. Ons kan nie wag nie!

Die aand eet ons by dieselfde restaurant waar ons die eerste aand, toe ons op Chora gearriveer het, ook was - Endochora.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.