Dag 66

Istanbul, Kyseri & Ortahisar, 07.02.2018

Ons bussie kom haal ons weer 6:00. Ons vlieg 8:35 Cappadocia toe vanaf SAW lughawe. Tien uur land ons in Kayseri en ry met 'n toeriste bussie na Ortahisar. Die omgewing is nie eintlik iets om oor huis toe te skryf nie, maar soos ons Goreme nader kan mens die grotte en fairy chimneys begin sien.

Ons bly in Ortahisar, 'n klein dorpie so 5 km van Goreme. Ons vriendelike gasheer (Hayrettin) ontmoet ons en wys ons die grothuisie wat vir die volgende 4 nagte ons blyplek gaan wees. Beide die dorpie en ons huis is iets totaal anders as waaraan ons gewoond is. Die huis is baie goed ingerig en heerlik koel in die erge Turkse hitte.

Die dorpie is 'n wonderlike kombinasie was luukse boutique hotelle, ou tradisionele huise en bouvalle. Ons huis kyk uit op 'n "kasteel" wat uit 'n enore rotsformasie gekap is. Ons spandeer die res van die dag om deur die dorpie te loop en teen die kasteel op te klim.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.