Dag 58

Chora, 06.24.2018

Vroeg oggend gaan stap ons teen die koppe uit oorkant Paraporti baai. Die son kom net mooi toe op en die hele baai is goud gekleur. Ons klim die eerste kop saam uit en daarna stap Elizabe verder met die voetpad, terwyl ek met die teerpad langs stap. Ons kry mekaar aan die oorkant van die volgende heuwel.

Die middag is daar 'n Griekse troue en 'n huis oorkant ons word gebruik om in aan te trek. Ons sit op die stoep en geniet die show. Die aand gaan eet ons in die dorp en die inkopiestraat lyk soos Adderleystraat wanneer die Kersliggies aangeskakel word.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.