Dag 79

Kas, 07.15.2018

Ons gaan 'n slag in die ander rigting van die dorp en terwyl Elizabe by 'n restaurant se strandstoele lê, stap ek tot buite die dorp, waar 'n Romeinse amfiteater is. Van daar het mens 'n mooi uitsig op die eiland Meis of Kastellerizo soos die Grieke dit noem - ons volgende bestemming.

Ek sou graag meer wou loop, veral na die skiereiland toe, maar die hitte laat mens net nie toe nie. Binne 30 - 60 min moet jy eenvoudig in die see kom.

Die aand kyk ons na die SWC finaal tussen Frankryk & Croasië by ons woonstel, totdat dit duidelik is dat Frankryk gaan wen. Toe stap ons dorp toe om te gaan eet. Elke plek wat 'n TV het sit gepak van die mense. By die plekke wat nie 'n TV het nie, kry mens maklik plek.

Frankryk wen 4-2

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.