Dag 39

Chora & Livadia Andros, 06.05.2018

Dit is Dinsdag en vandag begin ons stap. Ons het gister 'n boekie gekoop met die staproetes van Andros. Ons eerste roete is die maklikste van die lot - net 5.3 km na die dorpie Livadia. Die roete begin by die Paraporti strand en kronkel al langs die rivier verby kleinhoewes.

Na die stap gaan swem ons. Die weer is al lekker warm, die humiditeit is baie hoog en die see se water is net die regte temperatuur. Die aand sit ons op die stoep toe die son die water goud maak en kyk na die swane wat huiswaarts keer.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.