Dag 86

Kas, 07.22.2018

Dit is Sondag en dit ons laaste dag in Kas. More skuif ons aan na Meis en Issie-hulle gaan Istanbul toe.

Vroegoggend stap ek alleen na die ou antieke grafte wat teen berg agter ons deel van die dorp sit. Dit is baie oud maar nie vreeslik indrukwekkend nie.

Ons gaan vir oulaas Beach Club toe en swem heerlik. Toe dit koeler begin word gaan die 2 girls al hulle dierbare winkels groet. Die handelare van Kas is in rou gedompel! Hulle twee beste klante gaan die dorp verlaat.

Ek en Koos sluit later by hulle aan en ons gaan eet ons laaste ete in 'n lieflike seekosreataurant. Jy gaan kies jou tafel se heel vis uit by 'n yskas vol vis en dan word dit vir die tafel voorberei. Issie gaan kies ons vis en die ete is so lekker soos kan wees.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.