Dag 55

Chora Andros, 06.21.2018

Uiteindelik is ek weer op die been en ons waag dit al met die smal steil straatjies af strand toe. Verby die dik oom wat sit en slaap op sy stoepie.

Die water is redelik stromagtig vir die normale gladde Middelandse See en ek stap baie versigtig oor die klippe sodat ek nie val en my rug weer seer maak nie. Elizabe is egter die een wat gerol word deur die klein brandertjies.

Iemand bou in die dorp en muile dra die rommel deur die nou straatjies af na die Paraporti strand se parkeerplek van waar dit weggery kan word.

Daar is 'n duidelike buzz in die dorp. Die skole sluit more en dan sal die toeriste (hoofsaaklike Grieke van Athene) instroom.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.