Dag 4

Istanboel/Madrid/Lisabon, 05.01.2018

Ek kon nie 'n direkte vlug vanaf Istanboel na Lisabon kry nie en het 2 vlugte bespreek via Madrid. Ons eerste vlug is met Pegasus vanaf die SAW lughawe. Die vlug vetrek 10:00. Vanaf die middestad na SAW neem in normale verkeer so 90minute. Ons bussie word dus deur die hotel vir 6:30 bespreek, wat beteken dat ons die lekker Turkse onbyt van Hotellino mis. Elizabe beskuldig my van swak beplanning!

Teen 6:30 is die paaie nog stil en ons is voor 7:30 by die lughawe. SAW is kleiner en meer modern as die reuse Ataturk. Toe ons inboek sê die dame dat ons visums nie reg is vir Europa nie. Ons kry omtrent 'n hartaanval voordat sy haar fout agterkom. Ons het darem toe tyd vir 'n rustige lughawe ontbyt.

Ons is 13:30 in Madrid en vlieg teen 16:15 met TAP na Lisabon. Die vlug is net 20 minute lank en die vliegtuig is skaars in die lug of die lugwaardinne jaag in die gang af met koffie en 'n koekie. Mens verbrand jou mond omtrent om die koffie voor landing gedrink te kry.

16:35 land ons in Lisabon waar ons vir die volgende 10 dae gaan bly. Ons neem 'n taxi na ons Airbnb woonstel toe en die agent wag gelukkig vir ons voor die deur. Ons het 'n heerlike groen woonstel in Campo de Ourique, 'n stil deel van die stad. Die beroemde Trem 28 eindig net mooi daar.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.