Dag 69

Ortahisar & Gereme, 07.05.2018

Vanoggend staan ons 02:45 op, want die bussie kom (na bewering) vir ons 03:15 haal. 'n Ramp tref ons - Elizabe is so siek soos 'n hond. Megraine of so iets. Sy stap saam met ons uit, maar ek & Liza oortuig haar dat sy terug bed toe moet gaan.

Die bussie kom wel, maar eers 04:00. Ons gaan wag in Goreme by die firma se kantore en uiteindelik kom die goeie nuus dat die ballonne wel vandag gaan vlieg. Ons klouter in bussies en word na Pasabag (General's Vineyard) geneem vanwaar ons ballon om 5:30 opstyg.

Wat 'n onvergeetlike ervaring! Die kombinasie van sweef in 'n ballon, geel kleur wat die opkomende son oor die surealistiese Cappadocia landskap verf, 'n halwe maan wat nog baie sigbaar is en die massa ander gekleurde ballonne in die lug, maak dit 'n absolute onvergeetlike ervaring. Dit duur ± 1.5 uur.

Net voordat ons land, sweef ons oor 'n man en vrou wat appelkose oes op hulle kleinhoewe. Ons is so naby aan die grond dat die man appelkose gooi na ons mandjie toe en die mense vang dit!

Terug by die huis is Elizabe darem aan die herstel, maar gelukkig kan ons die res van die dag die plek gebruik totdat die bussie ons die middag kom haal. Ons vlieg die aand vanaf Kayseri na Antalya, waar ons so 21:20 land. Ons slaap die aand in Antalya in die Best Western Hotel.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.