Dag 91

Kastellorizo & Rhodes, 07.27.2018

Antonio kom haal ons met sy bootjie by ons blyplek en neem ons hawe toe van waar ons 'n ferrie na Rhodes toe gaan haal. Dit is so 'n wonderlike manier om vir Kastellotizo te groet - 'n plekkie wat, soos Andros, in my hart in gekruip het.

Terwyl ons wag vir die boot, kom die hawe se waterskilpad groet.

Rhodes is amper 'n skok vir ons gestel na die rustigheid van Meis. Sommer op die hawe al is dit 'n geskarrel met die taxis en almal is ongeduldig en haastig.

Ons blyplek is egter heel OK en die middag stap ons in die ou dorp rond. Behalwe dat die toeriste jou doodtrap, is die geboue en veral die stadsmuur baie indrukwekkend.

Ons woonstel is op die 3de vloer en voor die gebou is 'n park met reuse bome. As die son sak stroom honderde kraaie na die bome om te oornag.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.