Dag 72

Kalkan, 07.08.2018

Die Sondag gaan ons op 'n bootvaart saam met, Lucricia, haar seuns, 'n Turkse vriendin en haar vriende. Daar is nog 3 Britse vrouens ook op die boot, om ons in totaal 12 te maak.

Ons vaar na eilande en baaitjies en waar die boot stop spring ons van die boot af in die potblou see en swem soos kinders. Ons stop by 'n plek waar 'n grondwal gebruik word om moddermaskers op mens te sit. Ons swem land toe en smeer mekaar met die modder. Dit werk nogal - mens se vel voel so glad soos paddaslyk.

Ons kry 'n wonderlike mezze middagete, later die middag vrugte en nog later nagereg. Sesuur kom ons stokflou terug by die kaai. 'n Fantastiese ondervinding en dit vir net L100 (toe net minder as R300 in ZAR).

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.