Dag 21

Porto/Faro/Lagos, 05.18.2018

Vroeg vroeg is ons huurmotor voor die deur om ons lughawe toe te neem. Die vlug Ryan Air na Faro is net 'n bietjie meer as 'n uur en 9:15 land ons in Faro. Ons neem 'n taxi na die stasie en van daar gaan ons Lagos toe.

Die Algave lyk vir my maar redelik common so uit die trein uit - niks om oor huis toe te skryf nie. 'n Man begin met ons te praat en erken ons taal as Afrikaans. Hy is 'n Portugees wie in België werk en Flaams magtig is. Hy kom kuier vir sy ouers in Lagos.

Vanaf die stasie stap ons teen 'n helse steil bult op na ons blyplek. Daar gekom is die eienaar nie daar om ons te ontmoet nie. Tweede keer in 'n ry dat dit met ons gebeur. Hy kom 'n halfuur laat daaraan en ek en Elizabe is maar koel teenoor hom.

Ons hou ook nie baie van ons blyplek nie. Dit is donker & ver uit die dorp uit. Ek het dit eintlik gekies omdat dit 'n lekker stoep met 'n gasbraaier het.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.