Dag 50

Chora Andros, 06.16.2018

Ons gaan swem die oggend en ek voel skielik dat my rug in spasma gaan. Ek kom met moeite terug by die huis en gaan lê plat. Man down!

My teorie is dat die vorige dag se ongemaklik sit en werk aan die Louw boedel my rug gegooi het. Wie weet, dit maar van al die stap ook wees.

Dit is 'n ramp, maar kon nie op 'n beter tyd van die trip gebeur het nie. Ten minste is ons net op een plek en ek kan 'n paar dae plat lê.

Die sokker wedskryde op ons kerkpleintjie begin toeneem in intensiteit. Eers kom speel die seuntjies en wanneer hulle oppak, is die meisies dadelik daar vir hulle game. Selfs die uitrustings begin meer professioneel te raak.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.