Dag 93

Rhodes, 07.29.2018

Die Sondagoggend stap ons rustig na die oorkant van die eiland van waar ons bly. Daar is baie strande, maar die wind waai uit die see uit en die strande is verlate. Dit is beter aan ons kant van die eiland.

Ons koop elkeen 'n Ray Ban donkerbril vir €7 en lyk erg cool! Ons stap om die punt van die eiland na die Elli strand waar die kinders vanaf die hoë duikplatform wat so 100m in die see in is spring. Na die strand kom mens by die Mandraki hawe. Dit is waar die reuse standbeeld van die Colossus van Rhodes gestaan het. Nou staan daar 'n standbeeld van 'n bokram en ooi waar sy voete was.

Langs dit is 'n kerk wat binne so versier is, dat dit lyk of dit tatoos het. Vandaar stap ons weer deur die ou dorp. Mens kry net nie genoeg van die plek nie. Die middag is ons weer op die strand en ek swem in na die duikplatform, om vanaf die middelste hoogte af te spring.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.