Dag 16

Coimbra, 05.13.2018

Dit Sondag en ons stap oor die Mondego rivier wat deur die dorp vloei na die klooster van Santa Clare-al-Venha. Die klooster is in 1240 gebou en in 1650 moes hulle 'n nuwe klooster (Santa Clara- al-Nova) hoër op teen die bult bou, want toe het die rivier die area heeltemal oorgeneem.

In 1995 is die bestaande ruines basies uit die modder uit gegrawe, maar dit is eintlik nog in 'n pragtige toestand.

Ons gaan kyk ook na die Fontes das Lagrimas (Fontein van Trane) waar Prins Pedro se minnares, Ignes, deur sy pa koning, Alvonso IV, laat vermoor is. Dit is 'n pragtige parkie.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.