Dag 70

Antalya & Kalkan, 07.06.2018

Die eerste ding wat mens opval van teen die kus wees is die onsettende hoë humuditeit. Dit voel asf iemand 'n warm nat handdoek oor jou kop trek.

Vroeg oggend stuur Hannes fotos van waar hy en Candice verloof raak in Japan. Hulle kon nie vir Mount Fuji uit klim nie agv 'n sikloon en het toe in 'n sprokies bos verloof geraak.

Na 'n stewige hotelontbyt klim ons in ons privaat bussie en vat die pad Kalkan toe. Dit is 'n lang trip al met die kus langs - soms baie mooi soms maar vaal. Ons kom net na 13:00 by ons Airbnb woonstel aan.

Ons blyplek is effens uit die dorp uit, maar is luuks en het 2 swembaddens. Dit het ook 'n wondelike uitsig oor die Middelandse see. Om in die dorp te kom moet jy egter 'n taxi ontbied. Dit is nie die afstand wat 'n probleem is nie, maar die onsaglike warm humuditeit.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.