Dag 94

Rhodes & Lindos, 07.30.2018

Maandagoggend ry ons per bus na Lindos, 'n klein dorpie ± 2 uur van die hoofdorp, wat bekend is vir sy akropolis. Op 'n baie hoë koppie agter die vissersdorpie staan murasies van geboue wat sedert 10 VC deur die Grieke, Romeine, die ridders van St John & selfs die Ottomans gebou is.

Dit is 40C toe ons opklim na die kasteel. Ons dood van die hitte en sweet soveel dat ek 'n swemhandoek uit my rugsak haal om sweet af te vee. Ons het pas tussen die geboue begin stap toe ons op 'n Russiese meisie afkom wat haar ouers verloor het en staan en huil. Elizabe pas haar op totdat ons haar mense opspoor.

Die akropolis is van die mees indrukwekkende wat ek nog gesien, maar die hitte demp die genot daarvan. Ons stap later terug dorp toe en gaan swem in die see. Dit help net vir die tydjie wat jy in die water is en selfs dié is eintlik te warm. Ons haal daarna 'n bus terug Rhodes toe.

Dit is ons laaste aand op Rhodes. More begin ons terugtog. Ons stap op die promenade rond en gaan eet later weer by ons gunsteling restaurant. Ek eet 'n varkdis wat ek nou nog oor droom.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.