Dag 46

Chora & Falika, 06.12.2018

Vandag gaan ons klooster toe. Sesuur is ons weer op pad. Omdat ons die pad al verken het gaan alles baie vinniger as wat ons gedink het en 08:45 is ons al by die klooster. Die klim was toe ook nie so erg as wat ons verwag het nie.

Ons is miskien te vroeg vir die monnike, want die ontvangs is maar redelik kort en saaklik. Die plek is egter pragtig en baie indrukwekkend.

Ek kom agter dat my staphoed weg is. Op pad terug kry ons die hoed lê op 'n plek waar ek fotos geneem het. Ten spyte van 'n baie sterk wind, het my lojale hoed vir my gewag. Indrukwekkend!

Ons stap met 'n ander roete terug Chora toe en langs die pad sien Elizabe 'n slang wat haar vrek vinnig bult op aan die hardloop sit - moeg of te not.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.