Dag 27

Tavira, 05.24.2018

Ons stap af dorp toe en gaan kyk na die kasteel - of wat daarvan oorbly.

Van daar gaan ons kyk na die Camera Obscura - 'n wonderlike ervaring vir ons twee wat dit nog ervaar het nie. Dan gaan ons in die plaaslike katedraal in (die hoeveelste kerk wat ons na kyk) en stap dan al langs die rivier af en deur die agterstraatjies van die dorp.

Die aand eet ons op 'n sypaadjie - my dis is 'n enkel pienkgekookte tentakil van 'n seekat. Absoluut heerlik!

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.