Dag 57

Chora & Batsi, 06.23.2018

Ons neem 'n vroeë bus na Batsi, die mees populêre strand op die eiland. Ons huur twee strandstoele en lê soos twee ryk yuppies die heel dag in die son. Tussendeur bestel ons bier en gaan swem elke nou en dan in die warm water van die Meditereense see.

Teen hierdie tyd is ons al so bruingebrand soos twee boemelaars. Ons gaan eet elkeen 'n Gyro by 'n restaurant vir middagete en laat middag kry ons weer die bus terug Chora toe.

'n Luilekker luukse dag.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.