Dag 6

Lisabon, 05.03.2018

Elizabe is beter en ons vat weer die pad middedorp toe. Ons stap agter ons neuse aan deur die sentrale deel van Lisabon - kerke, markies, funiculars, hysbakke ens - en land uiteindelik in die Alfama distrik. Dit is die ou middeleeuse hart van Lisabon en sterk onder Moorse invloed.

Ons dwaal rigtingloos deur die nou straatjies en beland uiteindelik weer by die Tagus rivier.

Oorkant die rivier staan die reuse Christusbeeld soos dié van Rio. Hierdie een heet Christ the King ipv Christ the Redeemer.

Ons ry terug huis toe met die trem - Elizabe se eerste trip op die No 28 trem.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.