Dag 85

Kas, 07.21.2018

Die Saterdag gaan ons uit op 'n boot. 'n Baie groter boot as in Kalkan.

Die boot vaar na klein baaitjies waar ons heerlik in die see swem. Ons kry 'n middagete, maar dit is nie so spesiaal soos dié van die Kalkan trip nie. Wat van hierdie een egter beter is, is dat hulle vir ons neem na die ou Romeinse dorp, Kekova, wat na 'n aardbewing nou onderwater is.

Van daar neem hulle ons na Simena, 'n dorpie op 'n skiereiland wat mens net per boot kan bereik en wat 'n pragtige Kruisvaarder kasteel het. Ons vaar ook langs die kus op waar pragtige grafte van seevaarders op die wal staan.

'n Wonderlike dag vir net L80 (minder as R240)

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.