Dag 71

Kalkan, 07.07.2018

Ons spandeer die beste deel van Saterdag op Kalkan se klippies strand. Ons huur stoele want g'n mens kan op daai klippies lê nie.

Die aktiwiteite by die strand is, soos Turkye, 'n baie interessante kombo van moderne 1ste wêreld en tradisionele moslem gewoontes. Daar is heelwat burkinis te sien en die ouer dames sit in of langs die water in volle gewaad.

Ons kry vir Lucresia en haar 2 seuns (Christiaan & Luke) op die strand, saam met wie ons more op 'n boottrip gaan. Hulle is, soos my swaer Stollie sou sê, dierbare mense.

Ek stap 'n bietjie deur die smal straatjies van die ou dorp en neem fotos. Die plek is baie mooi maar so effens te toeristerig na my smaak. Ek hou dit net so vir 'n rukkie uit , dan moet ek terug strand toe en my lyf in die water kry.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.