Dag 13

Lisabon, 05.10.2018

Ons laaste dag in Lisabon - beide van ons is reg om aan te beweeg. Lisabon is lekker, maar ons het nou genoeg gesien.

Ons stap verby die Basilica de Estrela, deur die parkie met dieselfde naam en op teen die bult na die aqueduct toe. Van daar stap ons deur 'n deel van die stad wat ons nog nie was nie, terug na ons blyplek.

Die aand gaan eet ons iets ligs in 'n moderne restaurant en toe ek dink ek tik my pin nommer in, toe tik ek al die tyd 'n fooitjie van E351 in - 'n koel R5,500! Gelukkig sien die kelner dit en kom sê vir my. Hulle gee uiteindelik dit vir my in kontant terug.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.