Dag 35

Mykonos/Andros, 06.01.2018

Dit is Vrydag die 1ste Junie en ons is op pad na Andros om vir 'n maand op eenplek te gaan bly. Ek hoop die plek is OK, want 'n maand in 'n slegte plek kan lank raak.

Ons klim so etenstyd op die reuse ferrie en vaar Andros toe. Die boot is groot en luuks. Ons het sg. vliegtuig sitplekke - soos 'n groot Lazyboy. Ons vaar verby 'n klomp eilande - sommige bewoon, ander nie. Die water van die Middelandse See is blousel blou. Ek kan nie onthou dat ek al ooit sulke blou water gesien het nie.

Die vaart duur 2.5 uur en 15:30 kom ons in Gavrio, Andros aan. Die bussie waarmee ons na die dorp, Chora, toe gaan wag vir die ferrie vanaf Athene wat eers 17:00 kom. Ons los ons bagasie in die bussie en gaan drink 'n bier. Daarna stap ons deur die dorpie. Die ferrie vanaf Athene is laat en kom eers 18:00 op Gavrio.

Die busrit na Chora is prentjie mooi. Ons ry deur Batsi waarheen die meeste toeriste kom en draai dan weg van die kus na die oorkant van die eiland.

Op Chora stap ons al met die voetgangerstraat na ons plekkie. Daar wag Christoff vir ons. Hy bly in Athene en het vir die naweek Andros toe gekom om ons te ontvang. Ek hou sommer dadelik van beide die dorp en ons huis.

Die aand eet ons by 'n heerlike restaurant in die dorp.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.