Dag 36

Chora, Andros, 06.02.2018

Ons eerste dag op Andros. Die dorp waarin ons woon se naam is ook Andros, maar die locals noem dit Chora en spreek dit as Gora uit.

Die ou dorp, waar ons bly, lê op 'n lang krom vinger wat in die see in loop. Daar loop 'n voetgangerstaat vir omtrent 'n kilometer tot op die punt van die skiereiland. Op die punt staan 'n reuse standbeeld van 'n soldaat en die murasie van 'n stokou kasteel, wat blykbaar in WWII vodde gebom is.

'n Entjie in die see in is 'n pragtige vuurtoring wat op 'n verweerde rots staan.

Die deel van die voetgangerstraat verste van die punt af bestaan uit winkeltjies & restaurante, terwyl die skiereiland gedeelte hoofsaaklik woonhuise is. Die ou deel van die dorp bestaan uit nou skuins straatjies waar geen motor ooit sal kan ry nie.

Langs ons huisie is die kerk se tuintjie en dan die kerk self. Tussen die tuin en kerk is 'n klein plein waar die kinders elke middag laat kom speel - hoofsaaklik sokker.

Ons huisie is is klein, met 'n leefarea onder en 'n slaapkamer bo. Daar is egter 'n wonderlike stoep bo wat uitkyk oor een van die strande van die dorp.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.