Dag 97

Dubai & Kaapstad, 08.02.2018

Ons vlug is heel gemaklik alhoewel ons in die middel van 'n ry van 4 sitplekke sit, met 2 groot bulle aan weerskante! Ons rus ons koppe teen mekaar en slaap darem 'n bietjie.

11:30 land ons in Kaapstad na 'n epiese trip. Ons sal waarskynlik nie weer 'n 3 maande plus trip ooit doen nie, maar verbasend genoeg het die reis bykans foutloos afgeloop. Puur genade!!

Op die lughawe wag Loef en Andrea ons in. Andrea se vliegtuig vanaf PE het net voor ons sin geland het en toe sien sy die Emirates vlug land en besluit om ons te kom groet. Dit is so lekker om terug te wees in Suid-Afrika.

Toe ons aan die einde van April die Kaap verlaat het was alles bruin en droog & vaal. Nou is alles pragtig groen en die dam op die Gholfbaan is tjok en blok van die water. Wat 'n pragtig gesig!

Sela

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.