Dag 12

Evora, 05.09.2018

Ons gaan per trein na Evora - 'n 2 uur trip per trein. Ek ry halfprys op Portugal se treine. What 'n bargain!

Evora is 'n baie goed bewaarde Middeleeuse dorp met elegante kerke, 'n pragtige grensmuur en ingange, smal stegies en pragtige pleine. Daar is selfs 'n Romeinse tempel wat uit die 1ste eeu NC kom.

Die hootepunt is egter die Chapela dos Ossos (gebeendere kapel). Die hele kapel is binne gebou bet menslike gebeendere. Grillerig maar fassinerend. Ek klim met trappe tot bo-op die dak van die katedraal. Dit is die eerste keer dat ek so iets ondervind

Ons spandeer 'n wonderlike dag in die dorp en pos selfs vir ouma B 'n poskaart.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.