Dag 51 - 54

Chora Andros, 06.20.2018

So gaan 4 dae om terwyl ek plat op my rug lê. Ons huisie is baie ongemaklik as jou rug seer is. Die trap op na die slaapkamer is soos 'n leer - jy klim hom! Die meeste vertrekke is so klein, dat ek gedurig stamp teen iets, wat erg onplesierig is.

Ek lê of op ons bed en lees of op die sofa en kyk sokker en soms gaan sit ek op die stoep en kyk verlangend na die strand en die blou see. Gelukkig is die weer redelik stormagtig.

Elizabe staan elke oggend vroeg op en gaan stap so 'n 5 km roete in die koppe. Behalwe vir een plek waar die honde vir haar blaf, is sy totaal gemaklik om so alleen te stap. Waar sal jy dit in ons land doen!

Ek raak gewoonlik net betyds wakker om te strompel na die stoep en vir haar oor die Paraporti strand te sien aangestap kom. Op dié stadium verlang sy intens huis toe en ek dink dat sy verveeld ook is omdat ons aktiwiteite so aan bande gelê is.

Elke dag gaan stap ek in ons straatjie. Aanvanklik net 50 meter, maar elke dag 'n bietjie verder.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.