Dag 14

Lisabon / Coimbra, 05.11.2018

Vroegoggend ry ons per taxi na die Santa Apolinia stasie. Van daar ry mens per trein tot by die Oriente stasie en eers daar klim jy eers op die real McCoy na Coimbra toe.

Dit is so 'n 2 uur rit en vir die eerste keer sien ons die kurkbome waarvoor Portugal beroemd is.

Op Coimbra se stasie staan ons gasheer vir ons en wag met 'n groot glimlag - Marcello. Hy neem ons met sy motor na ons nifty woonstel toe. Hy gee ons omtrent 'n uur speach oor die Coimbra. 'n Wonderlike gasheer.

Ons stap deur die dorp. Dit is heerlik om weer in 'n kleiner plekkie te wees.

Die aand vergader studente in togas op ons pleintjie. Dit is die einde van hulle akademiese jaar en dan doen die finalejaarstudente 'n Queima das Fitas (Burning of the Ribbons) seromonie.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.