Dag 62

Andros & Rafina Athene, 06.28.2018

Ons gaan nog vir oulaas swem voordat ons, ons goedjies pak en die bussie na Gavrio neem. Daar kry ons die ferrie na Athene.

Teen 15:30 is ons in Rafina, die hawe buite Athene. Ons bly in hotel Avra - wat uitkyk op die hawe. Hulle beplan om dit te hernuwe en ek dink die plek kan doen daarmee.

Ons eet in 'n lekker restaurant waar ons buite sit en oor die see uit kyk. Terwyl ons eet kom 'n bloedrooi volmaan oor die see op. Wat 'n prentjie en 'n wonderlike manier om vir Griekeland te groet.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.