Dag 8

Lisabon, 05.05.2018

Dit is 'n lekker warm Saterdag en ons is weer op die geel bus - die keer na die Belém area. Dit lê langs die Targus rivier en daar is 'n lang promenade wat vir kilometers strek met restaurante en allerei besienswaardighede. Onder andere die Belem Tower en die Monument van die Seevaarders. Tussen die promenade en die dorp is 'n lang maer park wat 'n pragtige groen strook skep.

Die dorp self is vir 3 goed bekend. Die koning se paleis is daar ('n heel beskeie paleis, soos paleise gaan), die Jeronimos klooster (wat alles behalwe beskeie is) en dan die beroemde Pasteis de Belem. Dit is 'n Pasteis de Nata wat net nog lekkerder is, en is dit lekker!

Ons stap terug na ons blyplek en misgis ons heeltemal met die hitte en die afstand. Ons kom moertoe by die huis aan.

Die aand gaan eet ons in die Alfama distrik by die Alfama Grill - dit lyk soos 'n bouval in 'n outydse agterbuurt, maar is 'n tourist trap par excellence.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.