Dag 75

Kalkan, 07.11.2018

Ons gaan strand toe en kry vir Lucrecia & en die seuns daar. Ons besluit om almal na die Mahal Beach Club, wat oorkant die baai sit, te gaan.

Daar loop 'n bootjie heen en weer tussen die Kalkan hawe en Mahal. Daargekom kry ons lêstoele. Christiaan & Luke is egter onmiddelik in die water en roei op kanos, swem met hulle fancy duikbrille en neem fotos met hulle onderwaterkamera. Ons lê en lees, gesels en as dit te warm word, spring ons in die see.

Middagete gaan sit ons in die restaurant en eet heerlike Turkse hamburgers & pides (bootvormige Turkse pizzas). Laat middag neem ons die bootjie terug na Kalkan. Wat 'n heerlike dag.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.