Dag 10

Sintra, 05.07.2018

Ons haal 'n vroeë trein na Sintra, 'n dorpie so 30km buite Lisabon. Daar gekom ry ons met 'n tuk-tuk teen die steil berg uit na die Pena kasteel wat in 'n pragtige park geleë is. Dit was eers 'n klooster maar teen 1838 het koning Feridinand die klooster en die hele area rondom dit aangeskaf en dit omskep in 'n paleis. Dit is 'n redelike doodtrap by die paleis en dit is nie eers hoog seisoen nie!

Nadat ons 'n paar uur by die paleis deurgebring het, stap ons af na die Kasteel van die More. Dit is in die 8ste eeu deur die More gebou toe die Suide van Portugal onder hulle beheer was. Dit is eintlik nog in 'n pragtige toestand.

Ten spyte van hitte besluit ons om teen die berg af te stap na die dorpie toe. Wat 'n heerlike ervaring! Mens stap deur 'n parkagtige omgewing tot in die pragtige ou dorpie. Daar gekom, gaan sit ons in die eerste beste restaurant en bestel elkeen 'n yskoue bier en eet 'n hamburger. Daarna stap ons terug na die stasie toe vir die terug rit.

'n Great dag.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.