Dag 76

Kalkan & Kas, 07.12.2018

Ons neem 'n taxi na Kas toe en ontmoet die gasheer (Masut) voor die deur. Die woonstel is heel lekker . Twee vlakke met 'n slaapkamer en sitkamer onder en 'n slaapkamer & kombuis/eetkamer bo. Dit is ook lekker sentraal geleë en anders as by Kalkan stap mens omtrent net 50m om in die middel van die ou dorp te kom.

Ons gaan swem by die klein strand. Die eerste en laaste keer - die plek is net te klein. Daar is skaars plek om jou handdoek neer te sit.

Ons verken die dorp die middag en aand en hou van die plek.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.