Dag 2

Dubai / Istanboel, 04.29.2018

Ons land die oggend vroeg op Dubai. Dit is die eerste keer dat ek daar kom en die plek is reusagtig en modern. Ons stap 'n paar kilos van ons aankomshek tot waar ons gaan vertrek.

My as hang maar. Soos gewoonlik het ek niks geslaap op die vliegtuig nie. Ons hang vir 4 lang ure daar rond en vertrek dan Istanbul toe.

Ons land so 15:00 in Istanbul en onmiddelik is jy bewus van die ongelooflike volume mense rondom jou. Die paspoortbeheer lyk soos Nuweland in die ou dae - die toue gaan net aan en aan.

Ek het 'n bussie vir ons gereël en ons kom sonder veel drama laat middag by ons hotel (Hotellino) aan. Ons het al voorheen daar gebly en dit is 'n bekende vriendelike omgewing.

Na 'n lekker slapie gaan eet ons sommer oorkant die pad by 'n plek waar ons ook al voorheen was.

Die bottel wyn wat ons drink skop ons silly. Die kelner vou vir Elizabe 'n blom van haar servet en gee vir haar 'n Coke servethouer - dit het vir die volgende 3 maande saam in my koffer gereis!

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.