Dag 3

Istanboel, 04.30.2018

Na 'n regte Turkse ontbyt (spietwit gekookte eiers, sagte droë appelkosies met amandels in, dadels, olywe ens) neem ons die trem tot by die stadsmuur en stap dan stadig terug met die tremstraat na ons hotel. Verby die Grand Bazaar, stop stop by winkels, oor die plein van die Blou Moskee na die winkeltjies langs die Gulane Park.

Elizabe sien 'n mooi ring (in die vorm van 'n hand) wat sy besluit om te koop as ons begin Julie terug is in Istanboel. Nodeloos om te sê dat die ring nie meer daar was in Julie nie.

Die aand gaan eet ons vroeg en spring in die bed want more staan ons vroeg op en reis ver.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.