Dag 82

Kas, 07.18.2018

Issie lyk so klein en fiks soos altyd, maar Koos lyk gedaan en uitgeteer. Hy het hom en veral sy voete moer toe gestap en 12 kg in die proses verloor.

Hy besluit om vandag by die huis te bly en net te lê en lees. Hy het rus nodig. Ek gaan join die meisies op die stoele en daar maak ons die dag om. Die Cinalar Beach Club se roetine raak verslawend.

Die aand stap ons af dorp toe en terwyl die meisies die winkels naloop, stap ek en Koos hawe rond. Ons eet meze in die dorp.

Get started right away!

What are you waiting for? Capture your adventures in a digital diary that you can share with friends and family. You can switch between any of your devices anytime. Get started in our online web application.